southafricanlisted, local and safe classifieds market in india.
States
For Sale
Real Estate
Jobs

Wals Met Matilda in Stellenbosch, Western Cape for sale

Wals Met Matilda

Tema:
Fiction
Soort:
Afrikaans
Delivery time : 5 working days
Condition : Good
Die see. 'n Woonstel. Op die balkon 'n skrywer. Die skrywer kyk af na die blou buitelyn van 'n man wat hom op die plaveisel onder hom doodgeval het, dwing dan sy blik weg en kyk ver oor die flikkerende vroem resee. Dit is vir hom asof 'n vreemder wordende wereld die woonstel teen die see vasdruk tot dit 'n eiland word. Die skrywer wag op 'n besoeker. Hy weet sy is gestuur. Sy uitgewery het lank genoeg gepleit om 'n nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het.
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
About the author (2011)
Sleigh is a researcher in the National Archives in Cape Town, South Africa.
Bibliographic information
Title Wals Met Matilda
Author Dan Sleigh
Publisher Tafelberg, 2011, Sagteband, 1ste druk
ISBN 0624051463, 9780624051466
Length 397 pages

>> Click here to search for more - Books in Western Cape