southafricanlisted, local and safe classifieds market in india.
States
For Sale
Real Estate
Jobs

Stiltetyd in Stellenbosch, Western Cape for sale

Books

Soort:
Boeke - Tydskrifte
Condition : Very Good
Eerste druk 2006, sagteband 334 bladsye, boek is in goeie toestand.
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. 'n Dump, verwyt sy Andre, haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in 'n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens 'n skietvoorval in Kaapstad - enkele weke voor hulle vertrek na Frankyk. En so sukkel elkeen in die vreemde met sy eie swaarkry - Emile - haar dertienjarige seun - smelt al meer weg in die dik klipmure van die huis, om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. Die koue Europese winter vra groot aanpassings - om blerrie handskoene soos 'n meisiekind te dra, om met 'n paar Franse woorde 'n internasionale skool in Avignon by te woon. Maar die moeilikste is om met die selfverwyt saam te leef dat hy nie sy sussie beskerm het teen die aanvallers nie. Andre stort al sy energie in die restourasieprojek en sak al dieper weg tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype. En Hester? Sy word al stiller en meer afwesig. Haar enigste twee gespreksgenote is Manon, haar vyfjarige lieflingkind, wat nog net in haar gedagtes voortleef. En Myriam Soro van die Demokratiese Republiek van Kongo vir wie sy briewe skryf. Van haar het Hester in 'n Franse koerant gelees. Die foto vertoon 'n jong gesig, maar swart gate waar haar oe moes wees. Barbaars, het die media dit uitbasuin, dat sy haar twee dogters vermoor het toe sy nie langer vir hulle kon sorg nie. Maar in die gedeelde hartseer vind Hester verligting. Dink aan Myriam, se sy vir haarself. Dink aan Myriam Soro en tel jou seeninge. Jy sit miskien in 'n hool van 'n huis, slaap op die vloer en stik aan stof as jy koffie drink. Maar jy kan hier uitloop as jy wil. G'n tralies om jou te keer nie.
Bibliographic information
Title Stiltetyd
Author Marita Van der Vyver
Publisher Tafelberg, 2006,Trade Paperback,1st ed.
ISBN 0624044327, 9780624044321
Length 334 pages

>> Click here to search for more - Books in Western Cape